Paspoort
发行时间:2015-11-12
发行公司:CD Baby
简介: “Ek was werklik lank laas in my lewe so opgewonde oor 'n projek waarmee ek besig is, soos dié een: PASPOORT - gemik op laerskoolleerders. Jonger boeties en sussies sal dit net so geniet,” sê die gewilde gospelsangeres Melanie, wat reeds as tiener albumwelslae behaal het.
DIE KONSEP
Hoekom PASPOORT? “Ons het almal 'n paspoort nodig om in enige ander land te reis - én ons het almal JESUS nodig om in die Hemel te kom. Dis so eenvoudig soos dit vir my. Leerders sal 'n paspoortboekie saam met die album kry, waarmee hulle take moet voltooi om die paspoort vol stempels te maak. Die grootste doel van die paspoort is om leerders te leer hoe lekker dit is om liefdadigheidswerk te doen.”
Melanie sê daar is klomp verskillende stempels vir ‘n klomp verskillende take. “Die doel van die projek is om 'n groep kinders – troepe vir Jesus - in die land bymekaar kry om op te staan vir wat goed is en vir wat God is. Ek wil graag vir kinders iets gee waavan hulle kan deel wees: 'n 'MOVEMENT' waar hulle fisies 'n verskil kan maak, 'n plek waar hulle met ander kinders kan gesels wat ook besig is om 'n verskil te maak, 'n plek waar hulle mekaar kan aanmoedig en motiveer. Dit is so belangrik dat ‘n mens deel voel van iets.”
HEMELREISIGER
Melanie het al regoor die wêreld – Asië, Europa en Amerika - opgetree en haar geloofspassie het mense hier en in die buiteland op radio, TV en die verhoog aangegryp.
Sy is nie net ‘n puik sangeres in die geestelike genre nie; sy is ‘n bedienaar van die waarheid: die Woord. Haar aanslag is jonk en byderwets en vind aanklank by by die jeug.
Haar musiek, boodskap en leefwyse is ‘n inspirasie vir ander. Sy is ook ‘n dromer en sy gaan haal haar drome met vasberenheid en geseënde geesdrif.
Daardie lewenslus is die stempel van haar tiende album PASPOORT. Met die snitte Paspoort, Hey jy (a capella), Telefoontjie. Wonderbaar, Daar is niemand, Ligte uit, Hartklop, Opstaan vir U, Meer as wat jy is (met Dawie Verwey), Myself in U verloor en ‘n Tyd loof en prys sy energiek en innig – eerlik en opreg.
“Ek was werklik lank laas in my lewe so opgewonde oor 'n projek waarmee ek besig is, soos dié een: PASPOORT - gemik op laerskoolleerders. Jonger boeties en sussies sal dit net so geniet,” sê die gewilde gospelsangeres Melanie, wat reeds as tiener albumwelslae behaal het.