Lisa Se Klavier

作词:佚名

作曲:Koos Kombuis

所属专辑:Asemloos (Onderstebo Repack)

歌词

Lisa Se Klavier - Koos Kombuis

作曲:Koos Kombuis

Ek het'n vriendin ver by die blou see

Teen die hang van Tafelberg

As die son sak

Speel sy die mooiste melodiëe

Haar vingers ken die pad

Opgesluit in wit en swart

Die klavier se grootste vreugde

Hartseer en verlange

Verstaan die hart se diepste smart

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

En Lisa kannie ophou as

Sy eers begin het nie

En sy laat my nooit huistoe loop

Of afskeid neem voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon

Ek drink haar appelkoostee

Kyk uit na Kaapstad in die nag

Die liggies en die swart swart see

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

En onder op die sypaadjie

Sien ek die bergie en sy maat

Staan op en opkyk ver na bo

Vanuit die vullis van Oranjestraat

Hul ken al lank die klanke

Wat uit haar woonstel stroom

Lank na twaalf met die vensters oop

Al moan die bure ookal hoe

Word Lisa elke boemelaar se droom

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

展开