Voel Weer

作词:Johan Vorster,Karlien Van Jaarsveld

作曲:Johan Vorster,Karlien Van Jaarsveld

所属专辑:My Hartjie

歌词

@migu music@

Voel Weer

Vrydagaand baie laat hou ek op met soek

Harte lê op die grond soos in ‘n storieboek

Jy't gesê liefde voel soos ‘n warrelwind

Waai jou tot op breekpunt

Kom gooi jou arms om my liggaam en weet

Jy't my hart in al sy weerstand leer ken

My nooit laat voel jy gaan wen

Al speel ek op my hardste vang jy my uit

Jy maak my sag

Laat my vergeet van die seer

Ek kry weer moed en voel weer

Alles draai om die hart as hy klop met hoop

Hou hy lank sonder om mettertyd te loop

Het jy my lief sonder om iets weer terug te vra

Sê my was jy al verlief?

Kom gooi jou arms om my liggaam en weet…

Jy't my hart in al sy weerstand leer ken

My nooit laat voel jy gaan wen

Al speel ek op my hardste vang jy my uit

Jy maak my sag

Laat my vergeet van die seer

Ek kry weer moed en voel weer

Jy't die ligte verdof saggies nader gekom

My hande gevat en gevra of ek sal

Glo en vertrou dat jy my lief sal kan hê

Meer as wat ek kon droom

So gooi jou arms om my liggaam en weet

Ek hou jou hart hier in my hart en moet weet

Maak jou vir liefde gereed

Jy speel net hard omdat jy seerkry ook ken

Maar hier by my kan jy net wees wie jy is

Geen vrees sal hier oorleef

Jy't ‘n hart wat klink

Of ek hom jare ken

Die seer is weg

Ek sien hoe liefde wen

展开