Feeverhaal

作词:Karlien Van Jaarsveld

作曲:Karlien Van Jaarsveld

所属专辑:Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou

歌词

@migu music@

Dit is 'n warm somersaand

In Februarie, die tyd stap aan

Onthou jy die koue aand in Mei

Toe ek my eerste liefdesbriefie van jou kry

Jy skryf van waar jy my die eerste keer raaksien

Voor die skool se hek

Ons altwee was toe tien

Jy vra of ek die hele naweek kan kom speel

Ek het geweet jy sal my hart veraltyd steel

En nous jy altyd myne

En ek sal drome droom oor jou

Soos die feëverhale wat ek onthou

Jy is my Prins en ek jou Prinses

Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res

Hmm, Oee, Ohh

Dis jare later, hier staan ons nou

Ek hou nog net soveel van jou

As daardie eerste naweek saam

Al verskil is dat ons nou net meer verstaan

Jy bou 'n huis sonder om my met sand te gooi

En Kissing- Touchers is verby, ons soen al mooi

As jy nou verby my stap, knip jy al oog

Jy kon so kwaad raak as ek wen met peil-en-boog

En nous jy altyd myne

En ek sal drome droom oor jou

Soos die feëverhale wat ek onthou

Jy is my Prins en ek jou Prinses

Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res

Sal ons die skemer aand inry

Op jou wit perd tot dat al die sterre skyn

Jy staan hier voor my op jou knieë

En vra of ek my hart sal gee

Hmm, Oee, Ahh

Gee

Hmm, Oee, Ahh

Dit raak al laat

Ek kyk hoe jy slaap

Dit voel of ek jou net wil wakker maak

Ek wil net hoor hoe jy vir my sê

My skat jys als wat ek wil hê

展开