Namibsroos

作词:佚名

作曲:佚名

所属专辑:暂无

歌词

@migu music@

Namibsroos - Theuns Jordaan

Jy was ysig in die koue

Jou hande in jou hoed

Jou jas tot bo geknoop

Jou glimlag soet

In die ego van jou wegstap

In die woorde van jou groet

Lê beloftes van jou omdraai en na my soek

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Tafelberg die roep my

Oral waar ek gaan

As jy eendag op 'n reëndag

Op 'n grou en eensaam sondag

Voor my deur kom wag

Sou ek jou eensklap wegvat deur die lug of met die langpad

Na 'n somer visioen

Waar ek jou sal soen

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Tafelberg die roep my

Reguit na jou toe

As jy eendag weer wil praat

Die geheime in jou loslaat

Vir my 'n boodskap bring

Sou ek dit sing

En jy vra my oor ons môre

Sal ons gister weer kan terug kry

Soos misreën in die oggend kleef jy aan my

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Tafelberg die roep my

Oral waar ek gaan

In die weelde wat my bybly

In drome staan jy voor my

In die oestyd van die liefde

Waar ek jou kry

In die myle wat verby gaan deur die ure wat ons saam kry

In 'n sonneblom seisoen is ons versoen

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Tafelberg die roep my

Reguit na jou toe

Stuur vir my 'n bottelbrief jou hart se serenade

Die branders sal dit bring

In die warm van jou woorde

Voltyd van my gemoed

Sou jy dit als verstaan as ek nader gaan

En sou jy by my staan in glimlag en in trane

Sou jy by my staan

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Sonneblom seisoen

Tafelberg die roep my

Reguit na jou toe

Sonneblom seisoen

Bring vir my 'n namibsroos

Bring haar na my toe

Sonneblom seisoen

Tafelberg die roep my

Na sonneblom seisoen

展开