Katrina

作词:I D Du Plessis,Laurika Rauch

作曲:I D Du Plessis,Laurika Rauch

所属专辑:'n Jaar In My Lewe

歌词

@migu music@

@migu music@

Katrina (卡特里娜) - Laurika Rauch

Written by:I D Du Plessis/Laurika Rauch

Katrina van die Bo-kaap

Het voor haar deur gestaan

'N Boot lê in die hawe

Matrose kom al aan

Oor Strandstraat na die Boereplein

Die donker strate in

En netnou sal Katrina

Se nagtaak weer begin

'N Halfverlepte hoedjie

Hang parmantig oor een oog

Die rooi veer is verinneweer

Maar staan nog met 'n boog

Katrina dra haar beste rok

Sy stryk die kreukels plat

So fyn asof 'n vryer wag

Het sy haar uitgevat

Maar eer sy van haar huis gaan

Kyk sy 'n keer weer om

Lank sal die leë ure wees

Voordat sy daar kan kom

Katrina stap deur Roosstraat

Astrant met slentergang

Wie raai nou aan haar houding

Dat sy na huis verlang

Nou kom sy by haar susters

Die rawe van die nag

Wat by die hoeke uitskel

Of somber staan en wag

Katrina ken haar roeping

'N Harpy van die eer

'N Noodgedwonge rower

Wat alles tog ontbeer

Katrina haat die lewe

Katrina vrees die dood

Katrina gaan haar slentergang

Verdien haar bitter brood

展开