Die Telemans Van Weskou

作词:H Aucamp,J Hofmeyr

作曲:H Aucamp,J Hofmeyr

所属专辑:'n Jaar In My Lewe

歌词

@migu music@

@migu music@

Die Telemans Van Wêskou - Laurika Rauch

Written by:H Aucamp/J Hofmeyr

Die telemans van wê skou

Kan bê rekoop soos min

Dra saam aan paaiemente

Gaan tronk toe as gesin

Die tellies dink elektriek

Getuig hul huurkoop huis

Katoeters en kontrepsies

Van kelder tot kombuis

Die telemans van wê skou

Droom weekliks oor 'n stel met kleur skree al die

Kinders iets anders sal nie tel

Mene mene tellie

Is die jongste geskrif

Wat mure laat tuimel

En wê skou ontwrig

Miss tellie staan op troue

Wil babas genereer

Die moeder is verbete ook ek gaan my beheer

Ons lay bye vir iets groters

Die visie vanne volk

In vierkleur word ons strewe

Na buitekant vertolk

Ons voetbal en ons jukskei

En paasskou moet vertel

Ons twak is nog nie nat nie

Ons stuit nie vir die hel

Mene mene tellie

Is die jongste geding

Wat setels laat tuimel

En kleure verwring

Die spriete van hul droomkas

Wek bure se venyn

Die tellies kannie worry

Skrum bronstig om hul skryn

Nog hegter as tevore

Is die tellies nou verbind

Al raak die vader duiselig

Die moeder tele blind

Die dogter wil nie trou nie

Die droomkas is haar man

Nes al die ander tellies

Tot flikkerbeeld verban

Mene mene tellie

Is die jongste gerig

Wat bedplig verduister

En liefde ontwrig

Mene mene tellie

Is die jongste gerig

Wat bedplig verduister

En liefde ontwrig

展开