Winterure

作词:P Clingman

作曲:P Clingman

所属专辑:'n Jaar In My Lewe

歌词

@migu music@

@migu music@

Winterure - Laurika Rauch

Written by:P Clingman

N duisternis fluister oor die see in die winterure

Die ontroosbare matroos droom vae gedagtefigure

Sorg dat die soet see se beloftes my nie dreig

Dan hoef ek nie my seile te laat styg

Jy hoef nie die son te wees as hy die nag verdun nie

Of die reën as dit begin nie

Jy hoef nie die vonkelvloei van watervloei te wees

Wees maar net die hoop van my vrees

Die koue soen van die die seisoen is die mens se geskenk

Woorde val wat oumense herinner aan herdenking

Beloof dat jy 'nou droom van die nuwes sal kan maak

Dan hoef ek nie die wind weer aan te raak

Jy hoef nie die son te wees as hy die nag verdun nie

Of die reën as dit begin nie

Jy hoef nie die vonkelvloei van watervloei te wees

Wees maar net die hoop van my vrees

Die aand omhels die skoorsteen waar die vuur gesterf het

Die stad se lig is 'nblink gesig vir die wat geswerf het

Bly maar net my kers want plek en tyd is wreed

Dan is ek vir die vreemde dag gereed

展开