Toemaar Die Donker Man

作词:I Jonker,Laurika Rauch

作曲:I Jonker,Laurika Rauch

所属专辑:Grootste Treffers Vol 1

歌词

@migu music@

@migu music@

Op die groen voetpad

Van die horison ver

Om die aarde skat,

Stap ‘n ou man wat

‘n Oop maan dra in sy hare

Nagtegaal in sy hart

Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat

En ‘n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies

Hy roep die swart

Stilte wat sing

Soos die biesies, my hart

En die sterre wat klop

Tok-tok liefling,

Soos die klein tok-tokkies in

Hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut

Sy naam is Slaap

Meneer vergeet

Uit die land van Vaak

Sy naam is Toemaar

Hy heet, my lam

Toemaar, die donker man

Mammie…

Toemaar, die donker man

展开