Die Kinders Sing Saam

作词:C Torr,M Harmse

作曲:M Harmse,C Torr

所属专辑:Die Mense Op Die Bus

歌词

@migu music@

Die Kinders Sing Saam - Laurika Rauch

Written by:M Harmse/C Torr

Ons draai weer van die teerpad af

Die tafels is uit sement gemaak

Ver van die stad en die lug is skoon

Tussen die tafels is 'n peperboom

Tussen die tafels is 'n peperboom

Ja my kind ons is amper daar

Net so ver soos verlede jaar

Klim nou uit aan die ander kant

Bly net weg van die groot teerpad

Bly net weg van die groot teerpad

Die kinders sing saam

Wat is jou naam

Wie weet hoe om skape te tel

Waar kom jy vandaan

Waar slaap die maan

Kan jy jou ouers se name al spel

Wat kom nou wat kom nou hier aan

Kyk dit loop dat die stof so staan

Nee my kind dis 'n donkiekar

Tussen die wiele draai 'n ewenaar

Tussen die wiele draai 'n ewenaar

Hul parkeer langs die peperboom

Tussen die donkies is 'n disselboom

Die kinders klim van die karretjie af

Tussen die heining en die groot teerpad

Tussen die heining en die groot teerpad

Die kinders sing saam

Wat is jou naam

Wie weet hoe om skape te tel

Waar kom jy vandaan

Waar slaap die maan

Kan jy jou ouers se name al spel

Ma kan ons nog 'n rukkie bly

Nee my kind ons het ver om te ry

Dis die tyd van die rooi turksvy

Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry

Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry

Klim in die motor laat die wiele draai

Spring op die wa en die kinders waai

Ja my kind ons is amper daar

Tussen die wiele draai 'n ewenaar

Tussen die wiele draai 'n ewenaar

Die kinders sing saam

Wat is jou naam

Wie weet hoe om skape te tel

Waar kom jy vandaan

Waar slaap die maan

Kan jy jou ouers se name al spel

Die kinders sing saam

Wat is jou naam

Wie weet hoe om skape te tel

Waar kom jy vandaan

Waar slaap die maan

Kan jy jou ouers se name al spel

展开