Die Reis

作词:Esme Vernette Rautenbach

作曲:Esme Vernette Rautenbach

所属专辑:Gunstelinge

歌词

@migu music@

Die Reis - Laurika Rauch

Written by:Esme Vernette Rautenbach

Daar's 'n ster wat skyn in die donker nag

En hy skyn oor my en dit wys die pad

Waarheen dit lei sal ek nie kan sê

Maar ek weet dat daar 'n toekoms lê

Daar's 'n wind wat waai op 'n warm dag

En hy waai oor my en dit koel my af

Of dit reën gaan bring sal ek nie kan sê

Maar ek weet dat die wind weer sal gaan lê

En ek's op my knieë

Ja ek kniel alweer

Hoor my as ek smeek

Dat die sterre altyd oor my skyn

En die winde in my seile bly

Daar's 'n rivier wat druis tot by die oseaan

En hy spoel oor my en dit sleur my saam

Waarheen dit vloei sal ek nie kan sê

Hoe weet mens wat agter daardie horison lê

Daar's 'n stem wat roep en hy roep my naam

En hy gaan op reis en nooi my saam

Waarheen ons gaan sal ek nie kan sê

Maar ek glo elke woord wat die stem vir my sê

En ek's op my knieë

Ja ek kniel alweer

Hoor my as ek smeek

Dat die waters my weer skoon kom spoel

En die stem my lei na 'n groter doel

展开