Solly En Ma

作词:Coenie De Villiers

作曲:Coenie De Villiers

所属专辑:Vier Seisoene Kind

歌词

@migu music@

Solly En Ma - Laurika Rauch

Written by:Coenie De Villiers

Na pa se dood was ma alleen

Die karoo in die winter word koud

Ek was tien daardie jaar en my broer was vier

En my ma was skielik oud

Sy't rokke gemaak vir die hele distrik

En gewerk tot laat in die nag

En soms as sy opkyk sou 'n mens kon sweer

Dat sy pa op die drumpel verwag

Solly was 'n boerejood

Op reis van plek tot plek

Met knope en lappe sy brood verdien

Dog kwalik sy petrol gedek

En deur die jare het solly aan ma

Meer as knope en garing verkoop

Haar oë was nou immer op die pad gerig

In haar hart was daar skielik weer hoop

Na ete dan vat hy ma se hand

En die kinders moes buite bly

Maar selfs na jare se kom en gaan

Bly sy woorde my steeds nog by

Kom ek en jy gaan vye pluk

En ons los die kind om te speel

Die lewe is hard en die bietjie geluk

Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva

En dis so seker soos die son

Selfs anderkant die liefde

Lê my hart se horison

Die jare het verbygeflits

Die lewe was goed vir ma

Solly het haar weer 'n vrou gemaak

Gehelp om die las te dra

Maar eendag het ons nuus gekry

Van die buick op 'n draai in die pad

Ma se hart het ineengekrimp

Want die here het solly gevat

Ek weet dit was sonde het ma gebieg

En die singer getrap dat hy dreun

Want 'n vrou bly 'n vrou en solly was man

Maar wat sal jy weet my seun

En tog onthou ek sy sagte oë

As hy vra of ons buite sou bly

En selfs na jare se kom en gaan

Bly sy woorde my steeds nog by

Kom ek en jy gaan vye pluk

En ons los die kind om te speel

Die lewe is hard en die bietjie geluk

Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva

En dis so seker soos die son

Selfs anderkant die liefde

Lê my hart se horison

Kom ek en jy gaan vye pluk

En ons los die kind om te speel

Die lewe is hard en die bietjie geluk

Wat ons het my lief moet ons deel

Want dis rooier as 'n malva

En dis so seker soos die son

Selfs anderkant die liefde

Lê my hart se horison

Want dis rooier as 'n malva

En dis so seker soos die son

Selfs anderkant die liefde

Lê my hart se horison

展开