Halfpad Om Die Son

作词:Christopher Torr

作曲:Christopher Torr

所属专辑:Vier Seisoene Kind

歌词

@migu music@

@migu music@

Halfpad Om Die Son - Laurika Rauch

Written by:Christopher Torr

Sing vir my 'n liedjie van die lente

Sing vir my 'n liedjie van die herfs

Jy't vir my gesê jy wil my liefde hê

Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Ek bring vir jou 'n liedjie van die lente

Ek bring vir jou die liedjie van die herfs

Die skrif daar teen die muur is al lankal hier

Tot nou toe het ons nie so ver gelees nie

Tot nou toe het ons nie so ver gelees nie

Want die liefde is nie altyd baie haastig nie

En die aarde draai so stadig om die son

Maar as die lente kom kan dit jou verstom

Met die aarde alweer halfpad om die son

Ek sing vir jou die liedjie van my drome

Ek sing vir jou die liedjie van my hart

Die woorde wat ons hoor

Klink anders in 'n koor

Tot nou toe het ek nie so ver gesing nie

Tot nou toe het ek nie so ver gesing nie

Want die liefde is nie altyd baie haastig nie

En die aarde draai so stadig om die son

Maar as die lente kom kan dit jou verstom

Met die aarde alweer halfpad om die son

So sing vir my 'n liedjie van die lente

Sing vir my 'n liedjie van die herfs

Jy't vir my gesê jy wil my liefde hê

Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

展开