Krisjan Swart

作词:David Kramer

作曲:David Kramer

所属专辑:Vier Seisoene Kind

歌词

@migu music@

@migu music@

Krisjan Swart - Laurika Rauch

Written by:David Kramer

Bokant die stasie

Daar woon krisjan swart

Tussen die spoorweg

Ennie nasionale pad

Op die muur van sy stoep

Hang die horings van 'n bok

In sy agterplaas groei 'n perskeboom

Langs 'n groot ou duiwehok

Op daai duiwe is hy trots

Hulle maak sy hart so bly

Die silwer bekers op sy pelmet

Staan so in 'n ry

Ja hy is krisjan swart

Hy's wyd en syd geken

Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg

En pryse vir hom wen

Krisjan se vrou

Is lekker rond en vet

In haar hare dra sy curlers

In haar mond 'n sigaret

Pantoffels aan haar voete

Kook sy moskonfyt

Met haar een oog op die tuinjong

Wat die agterplaas natspuit

Op daai vrou is hy so trots

Sy maak sy hart so bly

Al is sy nie jonk nie

Kan sy nog lekker vry

Ja sy is wilmina swart

Hulle ken haar wyd en syd

Vir haar melktert en mosbolletjies

Haar beroemde boerbeskuit

Krisjan se dogter

Is met 'n prokureur getrou

Hy't vir haar 'n groot wit huis

In riebeeckpark gebou

Die kaggel in die sitkamer

Is mooi met klip versier

'N skildery van tafelberg

Hang ook daar teen die muur

Op daai dogter is hy trots

Sy maak sy hart so bly

Al is sy nie mooi nie

Het sy haar man gekry

Sy is johanna swart

Vrou van die prokureur

Haar lippies en haar vingernaels

Is dieselfde bloedrooi kleur

Krisjan se seun

Is lekker fris gebou

Maar sy stem is 'n bietjie hoog

En sy broek is 'n bietjie nou

Sy hare dra hy lank

En hy speel ook die kitaar

Krisjan vra sy vrou

Waar kom die seun vandaan

Op daai seun is hy nie trots nie

Hy maak sy hart so seer

Kan ek tog sy pa wees

Wil krisjan redeneer

Ja hy is krisjan swart

Hy't ook sy pa se naam

Maar sy hare en sy kitaar speel

Maak sy pa so skaam

Bokant die stasie

Daar woon die swart gesin

Krisjan drink net brannewyn

Wilmina drink net gin

En hulle sit daar op die stoep

In die skemerlig so flou

Hulle kyk hoe vlieg die duiwe

Sirkels teen die blou

En hulle sit daar op die stoep

In die skemerlig so flou

Hulle kyk hoe vlieg die duiwe

Sirkels teen die blou

Sirkels teen die blou

展开