N Man Stap

作词:David Kramer

作曲:David Kramer

所属专辑:Gunstelinge

歌词

@migu music@

'n Man Stap - Laurika Rauch

Written by:David Kramer

'N man stap deur die strate

Jy kan sien hy's van die stad

Hy dra n donkerbril en calvin klein

En sy baard is kort en glad

Hy dink hoekom is ek terug

Vir wat is ek op soek

Was hier nie 'n klein kafeetjie nie

Net hier op die hoek

En waar is die scala bioskoop

Het hulle dit gesloop

Die sinagoge was in die gebou

Waar jy jou meubels koop

Die jode't almal weggetrek

Die ou mense is dood

En laaities sit nou sonder werk

Hul voete in die sloot

Wat maak ek in die dorpie

Hier kan ek nie bly nie

Ek bly in toronto maar

Toronto's nie vir my nie

Die somers is bedompig

En die winters is te koud

Jou hele lewe hardloop jy

En eendag eendag eendag eendag is jy oud

Hy stap by die pandora in

Bestel koffie en tjoklitkoek

Hy dink hier't ek eers vir elvis gehoor

Op 'n jukebox in die hoek

En tussen verlepte varings

Staan 'n tenk vol goue vissies

En die vrou agter die toonbank

Sy dink haar naam is missies

Wat maak ek in die dorpie

Hier kan ek nie bly nie

Ek bly in toronto maar

Toronto's nie vir my nie

Die somers is bedompig

En die winters is te koud

Jou hele lewe hardloop jy

En eendag eendag eendag eendag is jy oud

Hy stap by die hoogstraat af

Tot by die central hotel

En hy luister na die prediker

Wat met sy bybel skree en skel

Hy sê die duiwel het ons beet

En hy lei ons om die bos

Hy dink wanneer gaan die spoke

Van die ou dae ons los

Wat maak ek in die dorpie

Hier kan ek nie bly nie

Ek bly in toronto maar

Toronto's nie vir my nie

Die somers is bedompig

En die winters is te koud

Jou hele lewe hardloop jy

En eendag eendag eendag eendag is jy oud

Die hek is nog dieselfde

Maar die stoep is 'n ander kleur

Hy stap oor die krazy paving

En klop liggies aan die deur

'N mooi jong vrou maak effens oop

Sy sê kan ek help meneer

Hy sê jammer maar ek is n vreemdeling

En my hart is in twee geskeur

Hy sê jammer maar ek is n vreemdeling

En my hart is in twee geskeur

展开