As Almal Ver Is

作词:Koos Du Plessis

作曲:Koos Du Plessis

所属专辑:Vier Seisoene Kind

歌词

@migu music@

As Almal Ver Is - Laurika Rauch

Written by:Koos du Plessis

As almal ver is

Word die hart skielik oud

As die wêreld 'n ster is

Afsydig en koud

Smee die gordyne

'N komplot teen die lig

Krimp die kosyne

En deure sluit dig

As almal ver is vind jy jouself

Waar jy in laaie in stil hartkamers delf

As almal ver is vind jy jou siel

Weerloos en eensaam soos 'n vrou voor 'n spieël

As daar geeneen is

Sit jy als op die skaal

Want jy weet wat geleen is

Word eindelik gehaal

Dan kom die waarheid

En besweer elke leuen

Skenk jou weer klaarheid

En laat jou alleen

As almal ver is vind jy jouself

Waar jy in laaie in stil hartkamers delf

As almal ver is vind jy jou siel

Weerloos en eensaam soos 'n vrou voor 'n spieël

展开