Ek Maak Net Soos Ek Wil

作词:Koos Du Plessis

作曲:Koos Du Plessis

所属专辑:Grootste Treffers Vol 1

歌词

@migu music@

Ek Maak Net Soos Ek Wil - Laurika Rauch

Written by:Koos Du Plessis

As my wrak tog kan loop

En die pad is oop

En die lewe lê alkant te koop

En ek't 'n rand of tien

En wie weet miskien

Nog 'n paar hier of daar

Wie weet waar

Dan vat ek die pad

Na die bose ou stad

Want hy's grys en wys

En hy's gou

En die naald bly dwaal

Net so regs van nul

Want ek maak net soos ek wil

Ek't 'n jaar lank gewerk

As 'n derde klerk

Dis weer tyd om 'n iets te geniet

Want 'n week se swoeg

Maak my moedeloos moeg

En die tjek sê ook

Als is verniet

Toe breek ek maar weg

Want die wêreld is reg

En ek's eindelik klaar met die spul

En die naald bly dwaal

Net so regs van nul

En ek maak net soos ek wil

Daar's 'n ietsie te sê vir

Min rykdom hê

Want 'n rand is soms soos 'n fortuin

As die wiele rol en die tenk is vol

Word die sorge agter jou klein

Die vryheid is soet

Die trap met jou voet

En die enjin word dromerig stil

Want die naald bly dwaal

Net so regs van nul

En jy maak net soos jy wil

Want die naald bly dwaal

Net so regs van nul

En jy maak net soos jy wil

展开