Stuur Groete Aan Mannetjies Roux (Pt 2)

作词:Christopher Torr

作曲:Christopher Torr

所属专辑:Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

歌词

@migu music@

Stuur Groete Aan Mannetjies Roux - Laurika Rauch

Written by:Chris Torr

My oom se motor is 'n ou masjien

Hy maak dit vol met dieselien

En hy sing in die strate as hy ons kom sien

My oom is oud en ek is skaars dertien

My oom drink koffie en my tannie tee

Ek vra oor die reën en hy sê janee

En hy drink soet koffie met sy een oog toe

En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën

My oom het 'n tenk vol dieselien

En seën my pa en seën my ma

En my oom op sy plaas in Afrika

Maar oom het gesukkel op die plaas

Want die son was te warm en die reën te skaars

En die man van die bank het net sy kop geskud

Want my oom ja my oom was te diep in die skuld

My oom se motor is 'n ou masjien

Hy maak dit vol met dieselien

En hy ry na die lande in die oggenddou

Die lande vaal en sy oë grou

O stuur ons net so 'n bietjie reën

My oom het 'n tenk vol dieselien

En seën my pa en seën my ma

En my oom op sy plaas in Afrika

En as jy in die oggend in die lande stap

Hoor jy nog sy motor met sy klak klak klak

Maar my oom ja my oom se oë's nou albei toe

In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën

My oom het 'n tenk vol dieselien

En seën my pa en seën my ma

En my oom op sy plaas in Afrika

En seën my pa en seën my ma

En my oom op sy plaas in Afrika

展开