Jakarandas Bloei

作词:Laurinda Hofmeyr

作曲:Laurinda Hofmeyr

所属专辑:Encore! Laurika

歌词

@migu music@

@migu music@

Jakarandas Bloei - Laurika Rauch

Written by:Laurinda Hofmeyr

Jakarandas bloei die lug is pers

Skryf vir my 'n skemervers

Vertel vir my die wêreld is grou

Dan wys ek jou op die môredou

Want elke dag het 'n skatkis vol

As doukristalle op 'n kelkblaar stol

Gaan kyk na die wêreld van naderby

Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry

Ja kyk 'n slag weer mooi na die

Wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Dis lentetyd die lug word blou

Laat die aandlug jou help

Om die mooi te onthou

Vergeet nou eers van werk wat wag

Maak jou oë oop en sien hoe ek lag

Want elke dag het 'n skatkis vol

As doukristalle op 'n kelkblaar stol

Gaan kyk na die wêreld van naderby

Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry

Ja kyk 'n slag weer mooi na die

Wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Dink aan die voëltjies wat nessies bou

Die vrolike roep van 'n Piet-my-vrou

Sien ook die mense vir wat hulle is

Sien dat hul mooi is sien in hul die lig

Dink aan die strate wat blink in die reën

Bome en gras alles groen om jou heen

Sien dan die son wat op 'n doudruppel rus

Erken dis Genade

Erken dat dit wonders is

Jakarandas bloei die lug is pers

Skryf vir my 'n skemervers

Vertel vir my die wêreld is grou

Dan wys ek jou op die môredou

Want elke dag het 'n skatkis vol

As doukristalle op 'n kelkblaar stol

Gaan kyk na die wêreld van naderby

Gaan kyk vir 'n slag wat jy daaruit kry

Ja kyk 'n slag weer mooi na die

Wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Ja kyk 'n slag weer mooi na die

Wonderpers oor die aarde rondgestrooi

展开