Brekfis In Bloemfontein

作词:Mariki Knop

作曲:Mariki Knop

所属专辑:Gunstelinge

歌词

@migu music@

Brekfis In Bloemfontein - Laurika Rauch

Written by:Mariki Knop

Die deur toegeklap als gesê wat ek graag wou sê

Maar maak dit saak wat hy dink want

Ek glo nie hy wil my meer hê nie

En in die donker gordyn van die nag

Hoor ek sy woorde en ek mis ons soms saam lag

Maar ek draai op my sy want ek glo dit is vir goed verby

Dis baie vroeg in die môre ek is nog vas aan die slaap

Maar hy het net my koffer gevat en sommer self gepak

Vrye keuse's nie n opsie nie en wegloop is te laat vir my

Want hy pluk net die deur oop en sê klim in want ek wil ry

En ons ry deur pretoria en toe deur die goudstad

Parys aan ons regterkant

Deur naamlose dorpe daar was shacks en die highway

Hoe ver is ons nog van die strand af

Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe

Om te sien of hy kyk of ek kyk

Terwyl die dag om ons dans strek ons bene

En eet ons brêkfis in bloemfontein

Ek wag dat die bom bars terwyl die karoo aan ons raak

En die vaal van die wêreld maak my sommer gou-gou vaak

In beaufort-wes besluit hy ons gaan oornag

Ons trek weer weg terwyl ek sweer dit is nog nag

En met sy rustige stem breek hy stadig aan my mure af

Worcester is die pitstop waar hy sê

Komaan vat jy nou die wiel

Ek is moeg bestuur maar kaap toe

Maak my wakker as jy tafelberg sien

Met my oë op die wynland maar my hart in my keel

Hou ek op met die games wat ek speel

Toe ek die plat berg sien sê ek sag

Jy mis die beautiful view

En ons toer deur die boland en draai na die paarl

Hy vat wragtag die montagu pas

In graaff-reinet sien ons berge en vlaktes verlate

Hoe ver is ons nog van mekaar af

Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe

Om te sien of hy kyk dat ek kyk

Terwyl die dag om ons dans maak ons vrede

En dink aan brêkfis in bloemfontein

En dink aan brêkfis in bloemfontein

En dink aan brêkfis in bloemfontein

展开