Septemberland

作词:G Labuschagne,R Nel

作曲:G Labuschagne,R Nel

所属专辑:Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

歌词

@migu music@

@migu music@

Nêrens was Septemberland

Al ooit so mooi gewees

Soos hierdie dorre akkerrand

Se wildevygiefees

Want nêrens lê die pad so lank

Waar soutslaai in September rank

Waar madeliefies koppies swaai

By middaglui se windpomp draai

Vir jou nie die lower van bergland se wei

Vir jou nie die tower van varings en vlei

Vir jou gee ek yster en dorsland se vaal

Vir jou gee ek kliprand en yl bossies kaal

Die soet van die aandblom en blou diamant

Vir jou gee ek pag oor Namakwaland

En soms dink ek die Heer het self

Die bedding afgesteek

En toe het hy met milde hand

Die reënboog oopgebreek

Raak hy sy kind wat bakhand kyk

Na witkopwolk wat nimmer wyk

En fluister hy met oostewind

Die akker is vir jou my kind

Refrein

展开