Stuur Vir My N Foto

作词:Dineke Volschenk

作曲:Dineke Volschenk

所属专辑:Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

歌词

@migu music@

Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld

Van die plooitjies om jou oë

Onder andere

Maak vir my 'n afskrif

Van die drome in jou hande

En die skewe, halwe glimlag

Om jou mond

Refrein (1):

Probeer ten minste vaspen 'n Bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet

En onthou 'n Mens is tog so gou geneig

Om maklik te vergeet 'n Foto keer

Dat die tyd verweer

Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld

Van die sprokies en die spoke

Van jou lyf

En die roering van jou palms

En die hartklop in you are

En jou stiltes en jou lag

En selfs jou huil

Refrein (2):

Probeer ten minste vaspen 'n Bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet en onthou

Soos ons ernstige woorde

Oor die dinge van belang

Wat nou reeds stom

In gange hang

Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld

Van 'n plek waar ons al saam was -

Of heen wou gaan

Dalk 'n horison, 'n waansin 'n Hawe of 'n bos

Onthou jy nog hoe ver wou

Ons nog reis?

Refrein (1)

展开