As Ek Eendag Oud Is

作词:Etienne Steyn

作曲:Etienne Steyn

所属专辑:Gunstelinge

歌词

@migu music@

As Ek Eendag Oud Is - Laurika Rauch

Written by:Etienne Steyn

As ek eendag oud is en my lewe herleef

Sal ek terug dink aan tye wat aan môre vas kleef

Die minute en ure in 'n oogwink verby

Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

En as ek sou kon terug gaan wat sou ek wou hê

Wat sou ek verander wat sou ek wou sê

Sou die wysheid my uitput of op hande kan dra

Sou ek antwoorde kon kry op die vrae wat ek vra

Want vandag is die môre waarom gister bekommer

Elke uur word die drome selfs stommer en stommer

Die minute en ure in 'n oogwink verby

Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

As ek een dag oud is wil ek aan onthou

Die pyn en die lyde die liefde die nou

Die lewe se paadjies waar hul op mag draai

My kleuterschool maatjies wie sou kon raai

En as dit dan ook tyd word om my kop neer te lê

Sou ek graag wou weet daar's niks meer te sê

Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra

Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra

Want vandag is die more waarom gister bekommer

Elke uur word die drome selfs stommer en stommer

Die minute en ure in 'n oogwink verby

Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra

Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra

As ek een dag oud is

As ek een dag oud is

As ek een dag oud is

As ek regtig oud is

展开