O So Sentimenteel

作词:K Bremer,Don Clarke

作曲:Don Clarke,K Bremer

所属专辑:Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

歌词

@migu music@

Jy vra my om vergiffenis

Jy sê my jy voel sleg

Dan spring jy op 'n straler

Vlieg tien duisend myle weg

My hart is nes 'n klimtol

Waarmee jy lustig speel

O, ek voel broos vanaand…

En o, so sentimenteel

Jy bel my net na middernag

En vra my hoe ek voel

Jy sê jy't my iets moois gekoop

In 'n mark in Istanboel

Oor al jou doen en late

Kan ek my goed verbeel

En nou's ek nie meer vaak

Net o, so sentimenteel

Ek gaan my regruk en uitstyg

Bo wat my onderkry 'n Nuwe lewe inrig

Die oue's als verby

En wat jy met jouself maak

Kan my die minste skeel…

Maar miskien is jy nog lief vir my

Ek's o, so sentimenteel

Die koffie is koud en bitter

Jou vlug's 'n halfuur laat

Die omie kom sy dogter haal

Maar ek's niks lus vir praat

Die wiele vat-vat baanblad

My hart sit in my keel

Gaan lê, ou hart, gaan lê

Jy's o, so sentimenteel

Refrein

展开