Boemelaar

作词:Bobby Van Jaarsveld

作曲:Bobby Van Jaarsveld

所属专辑:Die Eeste 10 Jaar

歌词

@migu music@

@migu music@

ken jy die geheime, die verlede, die gedagtes van die straat?

elke dag sien ons boemelaars wag aan die kant van die straat - oorkant drink sy maat

ek het nie werk nie, ek het nie geld nie, ek het kinders op die straat en 'n vrou wat my haat.

'seblief meneer wil jy nie help nie

ek soek wit brood maar ek kort twee rand.

en iewers langs die pad le my kinders en wag -en hoop en bid vir 'n beter dag as vandag.

maar ek bly hier by julle

al is ons miskien op straat

ek doen my bes vir julle

ek weet ons gaan dit maak

bly altyd lief en nederig - ons almal is gelyk

al is jou skoene stukkend - kyk altyd op en wees bly

... wees bly

kom my kinders jul ma is dood - sy't gebedel met haar lyf

kom my kinders ons vat ons goed, tel op jou boetie en gee my hoed - dis 'n skande om so te staan

maar iewers langs die pad moet ons tog sit en wag

ons vat die pad na die volgende stad

miskien is daar 'n plek wat vir ons wag

droom van menswees in die lewe

ek kry skaam, want my kinders bewe van die honger en die koud en die pyn op hul bene

oorkant die pad stap 'n klompie mense

almal met vervulde wense

my dogtertjie vra my: "pa is ons mense"

maar ek bly hier by julle

al is ons miskien op straat

ek doen my bes vir julle

ek weet ons gaan dit maak

bly altyd lief en nederig - ons almal is gelyk

al is jou skoene stukkend - kyk altyd op en wees bly

... wees bly

展开