Mis Oor Jacobsbaai

作词:Marie Tredoux

作曲:Marie Tredoux

所属专辑:Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

歌词

@migu music@

@migu music@

Die deinserigheid oor die baai

Word in 'n ommesientjiestyd 'n digte mis

Wat slenter en swaai en dwarrel en draai in die baai

Die deinserigheid oor die baai

Word in 'n japtrap se tyd 'n digte mis

Wat slenter en swaai waar meeue bohaai

En bohaai en bohaai in die baai

En die mishoring kreun

En die mishoring steun oor die baai

'n Knaende klank van Columbine

Soos die liedjie van Auld Lang Syne

Die deinserigheid oor die baai

Word in 'n handomkeer tyd 'n digte mis

Wat langvinger tas waar skuim spoel en was in die baai

Die deinserigheid oor die baai

Word in 'n seepbel se duur 'n donskombers

Wat snoesig kom lê oor rots en oor boot

Oor rotse en bote wat klou en kleef

Waar die meeue bohaai en bohaai

Refrein

Die dik mis hier oor Jacobsbaai

Wag vir die son om te lig en dan ontstaan

'n Sprokiesgesig as als wat verdwyn het verskyn

Die dik mis wat wyk voor die son

Laat net 'n deinserigheid wat talm en toef

En als wat verskyn glim soos perlemoen

'n Prentjie verskyn soos in Brigadoon

En die meeue bohaai en bohaai

En die mishoring staak die gesteun en gekreun oor die baai

Ja, die mishoring swyg by Columbine

Oor die liedjie van Auld Lang Syne

Die deinserigheid oor die baai

Wyk in 'n ommesientjiestyd voor die son en boot

En rots lê en glim en gloei in die gloed

Waar die meeue bohaai en bohaai

展开