Ballade Van N Koningsdogter

作词:I D Du Plessis,Laurika Rauch

作曲:I D Du Plessis,Laurika Rauch

所属专辑:'n Jaar In My Lewe

歌词

@migu music@

@migu music@

Ballade Van 'n Koningsdogter - Laurika Rauch

Written by:Laurika Rauch/I D Du Plessis

O bly het die koning se lippe gelag

En hoog het bokale geswaai

Kom ledig die beker se vonk'lende prag

En bring hier my dogter so fraai

Met 'n fa la falalala en die sang van 'n silwer basuin

Het die koning se bode die lelie gaan haal

Wat pryk in die koning se tuin

O bly het die koning se dogter gespeel

Die mooiste blom in die tuin

Toe hoor sy 'n stem wat nog liefliker streel

As die sang van 'n silwer basuin

Met 'n fa la falalala en die oë so sag en so bruin

Het die koning se bode die lelie gaan haal

Wat pryk in die koning se tuin

Die koning laat vra of sy dogter sal kom

Sy majesteit vier fees

En soeter nog is die wyn vir hom

As sy dogter daar kan wees

Met 'n tra la tralalala

En die gloed van sy stem in haar hart

Het die koning se dogter

Die bode gevolg en vry was sy van smart

En teer het die oë wat haar verbly

Die lelie aangekyk

Sy was die bloeisel so rein en hy

Die stingel in die slyk

Met 'n tra la tralalala

En die gloed van sy stem in haar hart

Het die koning se dogter haar minnaar gevolg

En vry was sy van smart

En gou het die koning opgespring

Om sy dogter te begroet

En die prinses na die troon te bring

Met die bode aan haar voet

Met 'n ra ta ratatata

En die swaai van 'n rooi banier

Het 'n hoë besoeker daar aangekom

Om met hul fees te vier

Trots het die koning opgestaan

En almal luister nou

O howelinge hoor my aan

Die blom van my huis gaan trou

Met 'n ra ta ratatata

En die swaai van 'n rooi banier

Het die hoë besoeker uitgetree

O koning ek is hier

En bleek het die koning se dogter geword

En wild was haar oë nou

My laaste druppel bloed sal ek stort

Eer ek met die ridder trou

Met 'n fa la falalala

En die sang van 'n silwer basuin

Het die koning se bode gaan staan by sy blom

Gepluk uit die koning se tuin

O wreed het die koning se oë gevlam

En hoog het sy sabel geblink

Soos die kruin van 'n wilker gesny van sy stam

Het die bode neergesink

Met 'n tra la tralalala

En 'n kilte wat kruip oor haar hart

Het die koning se dogter gesing en gelag

Gesing en gelag

Gesing en gelag

Met die singende stem van die smart

展开