Kaalvoetsong

作词:Carina De Villiers

作曲:Carina De Villiers

所属专辑:Tweeduisend-En-Tien!

歌词

@migu music@

Kaalvoetsong - Laurika Rauch

Written by:Carina De Villiers

Jy vra vir my om vir jou te sing

Van Lisa se klavier

Jy se jy wil hoor van Bloubergstrand

En hoe almal by die see wil bly

En jy praat in hoë frases

Van hoe die taal jou inspireer

Maar in die eenvoud van my woorde

Wil ek sê hoe ek voel

En ek sing vir jou n Kaalvoetsong

Met woorde soos die sand

En kommas soos die klippies

Wat my kaalvoetsole brand

En ek sing vir jou 'n klein refrein

Nie 'n simfonie van klank nie

Net 'n enkel tokkelsnaar van my kitaar

Onthou jy toe ons kinders was

En gesing het van die wind

Van die stad van blou saffiere

Waar jy dalk jou droom sal vind

Maar jou hart gaan maak 'n Kaapse draai

Want jy sê jy voel daar tuis

En ek ontmoet jou net hier duskant Nooitgedacht

En ek sing vir jou n Kaalvoetsong

Met woorde soos die sand

En kommas soos die klippies

Wat my kaalvoetsole brand

En ek sing vir jou 'n klein refrein

Nie 'n simfonie van klank nie

Net 'n enkel tokkelsnaar van my kitaar

Ek bring vir jou 'n sonneblom en 'n foto van die see

In jou fluisterwens droom jy

Jy was nou daar

En die pad voel lank na Victoriabaai

Maar die roete wil ons vat

Want in die stilte hoor ons die reën in die Karoo

En ek sing vir jou n Kaalvoetsong

Met woorde soos die sand

En kommas soos die klippies

Wat my kaalvoetsole brand

En ek sing vir jou 'n klein refrein

Nie 'n simfonie van klank nie

Net 'n enkel tokkelsnaar van my kitaar

En ek sing vir jou 'n Kaalvoetsong

Met woorde soos die sand

En kommas soos die klippies

Wat my kaalvoetsole brand

En ek sing vir jou 'n klein refrein

Nie n simfonie van klank nie

Net 'n enkel tokkelsnaar van my kitaar

展开