So Is My Tafel Gedek

作词:Lize Beekman

作曲:Lize Beekman

所属专辑:Tweeduisend-En-Tien!

歌词

@migu music@

@migu music@

So Is My Tafel Gedek - Laurika Rauch

Written by:Lize Beekman

By my voordeur los die nag die oggendson

T gooi n sagte lig oor die koebaai-traan van die lavender-dou

En my hart onthou daai pers en blou is n gunsteling van jou

So is my tafel gedek my lief

Altyd en steeds vir jou

By my agterdeur groet n suurlemoengeur

K het daai boom geplant op n sonskyndag

En gewonder wanneer kom die reën

Jy was bly soos n kind oor daai goudgeelvrug wat die son reflekteer

So is my tafel gedek my lief

Altyd en steeds vir jou

In die middel van my huis my hartkombuis

Die tafel se elke holte en groef kan van kosbaar tyd getuig

Van die verste verdwaal het ons hier ontmoet in liefde suikersoet

Want so is my tafel gedek my lief

Als van my is eenvoudig lief

Altyd en steeds vir jou

展开