Die Stout Kat

作词:C L Leipoldt,Laurika Rauch

作曲:C L Leipoldt,Laurika Rauch

所属专辑:Die Mense Op Die Bus

歌词

@migu music@

Die Stout Kat - Laurika Rauch

Written by:C L Leipoldt/Laurika Rauch

Ons kat was gister drie jaar oud

En oom servaas beweer

Dis oud genoeg om kattekwaad

Nou eenmaal af te leer

Nou eenmaal af te leer

En tog dit spyt my om te sê

Ons kat is regtig stout

En traak nie as n mens hom knor

Oor een of ander fout

Oor een of ander fout

Herhaalde male sê ons hom

Jy moenie muisies moor

Nog minder mossies maar verniet

Die stouterd wil nie hoor

Die stouterd wil nie hoor

Ons het al oom servaas gevra

Mismoedig wat te maak

Hy skud sy kop en sê dit is

Nogal 'n lastige saak

Nogal 'n lastige saak

Ons weet dit is ons moet maar nou

Van vooraf weer probeer

Om in sy vierde jaar ons kat

Van kleins af weer te leer

Van kleins af weer te leer

Dan sal hy later ag ek weet

Dit sal bra moeilik gaan

Nie meer geniepsig met sy klou

'N klein swak muisie slaan

'N klein swak muisie slaan

Nie meer loop skuil soek in die gras

Om voëltjies te bekruip

En as hy nie wil hoor nie

Sal ons oompie hom versuip

展开