Engele

作词:R. Claase

作曲:R. Claase

所属专辑:Gee My

歌词

@migu music@

Die tyd is nou verby

Jou hande is nie warm nie, jy kan nie langer bly

Jou oë het my gegroet

Ek wil jou nie so los nie, maar die lewe sê ek moet

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was

En ek maak jou aan my hart se ritme vas

Want daar is Engele, wat waak oor jou,

Wat jou hand in die lig en donker vas sal hou

Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind

en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou

En die jare sal ons drome verder bou

Gesigte teen die muur

Die drome van ons ure saam, is elke oomblik hier

Die dag het jou kom haal

En om jou weer te sien sal ek met als in my betaal

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was

En ek maak jou aan my hart se ritme vas

Want daar is Engele, wat waak oor jou,

Wat jou hand in die lig en donker vas sal hou

Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou

En die jare sal ons drome verder bou

Die tyd is nou verby

Jou hande is nie warm nie, jy kan nie langer bly

Jou oë het my gegroet

Ek wil nie van jou weggaan nie, maar die lewe sê ek moet

Ah...Jy, jy

Engele wat waak oor jou, wat jou hand in die lig en die donker vas sal hou

Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou

En die jare sal ons drome verder bou

展开