Wenslys

作词:Kobus Koekoes Bezuidenhoud,Adam Tas

作曲:Kobus Koekoes Bezuidenhoud,Adam Tas

所属专辑:Patatas en Pyptabak

歌词

@migu music@

Vanaand sal ek jou soek

oor ñ flikkerende kers

vanaand sal ek jou roep

oor ñ onvoltooide vers.

Want ons harte het geweet

wat ons gewetes wou vergeet

en dis moeilik vir ñ hart

sonder om vir hom te breek.

Ek wens vir jou

lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei

en skadubome langs die pad

voor ons verder ry

drome sonder heinings

liefde sonder seerkry

en ñ kamer in jou hart

waar ñ engel kan gaan bly.

Aan die einde van my asem

sal die woorde wat ek moet sê

wat ek nou soos ñ offer

by jou voete neer wou lê.

Maar my lag voel soos ñ leuen

wat die werklikheid wegsteek

en net jy en jy alleen

sal ooit hierdie waarheid weet.

Ek wens vir jou

lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei

en skadubome langs die pad voor ons

verder ry

drome sonder heinings liefde sonder

seerkry

en ñ kamer in jou hart waar ñ engel

kan gaan bly.

Sal jy vanaand vir oulaas

my asem kom blaas

sodat ek nog net eenkeer

ñ gedig oor jou lyf kan blaas

en heelnag langs jou sit

want die somers te verjaag

en hopeloos te bid

vir ñ tweede kans vir ñ tweede kans.

Ek wens vir jou

lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei

en skadubome langs die pad

voor ons verder ry

drome sonder heinings

liefde sonder seerkry

en ñ kamer in jou hart

waar ñ engel kan gaan bly.

展开