Melans Mnel (Lewendige Opname)

作词:Refentse Morake

作曲:Refentse Morake

所属专辑:Sinkplaat Sessies (Lewendige Opname)

歌词

@migu music@

Ek onthou nog daardie maande

Van biltong kou en groen lande

Het jou gereën waar jou beeste wy

Van somerliefde of soet turksvy

Ek onthou nog jou glimlag

Jou nimmer sorge en skaterlag

So ek skryf nou hierdie briefie aan jou

Maar ek lees hom self, want die waarheid is flou

Hoeveel keer versuim om te sê

Wat op die tafels van my hart lê

Hier staan ek nou met my hart teen die mou

Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel

Jy was eens my beste pel

Jy kan seker nie onthou nie

So dis beter as ek net vertel

So dis beter as ek net vertel

Ek hoor sy't toe 'n deksel gekry

Maar dit was nie mooi nie want sy hoort mos by my

Maar ek wens vir hom 'n blikkitaar

Met sewe snare vol liefde vir haar

Sodat die kamers van haar hartjie kan sing

Liedere wat vrede en vreugde bring

Hoeveel keer versuim om te sê

Wat op die tafels van my hart lê

Hier staan ek nou met my hart teen die mou

Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel

Jy was eens my beste pel

Jy kan seker nie onthou nie

So dis beter as ek net vertel

Sy's die wêreld waaiend my woorde in die warrel van die wind

Dieselfde wind van Koos se kinders of selfs 'n warrel minder

Sy het liefde vir die liedere, sy het liefde word gebou

Sy't liefde tot die honderde, sy het liefde wat kan klou

Sy is romantiek, die romantikus

Sy verbeter die eetlus van my hartskat se kis

Sy is die revolusie wat rebelleer en romantiseer

Roekeloos onder die invloed van ruk-en-rol

Oh my soul

Hoeveel keer versuim om te sê

Wat op die tafels van my hart lê

Hier staan ek nou met my hart teen die mou

Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel

Jy was eens my beste pel

Jy kan seker nie onthou nie

Jy kan seker nie onthou nie

Hoeveel keer versuim om te sê

Wat op die tafels van my hart lê

Hier staan ek nou met my hart teen die mou

Seker dat ek van jou hou

Maar hei weer Melans Mnel

Jy was eens my beste pel

Jy kan seker nie onthou nie

So dis beter as ek net vertel

So ek gaan jou maar vertel

So dis beter as ek net vertel

展开