Bobotie

作词:Johrne Van Huyssteen,Jaco Spies

作曲:Johrne Van Huyssteen,Jaco Spies

所属专辑:Ddisselblom

歌词

@migu music@

Bobotie - Ddisselblom

Written by:Johrné van Huyssteen/Jaco Spies

Sy was nie oulik sy was nie vroulik

Sy was nie eintlik baie mooi nie

Maar ek sien haar voor haar stofie

En ek ruik haar lekker bobotie

Ek het haar sien loop

Tussen die Kaap en Grabouw

Sy was bietjie mank

Maar ek het geweet

Met haar gaan ek trou

Dit was een somernag

En 'n bietjie sweet

Toe staan ons voor die magistraat

En sweer die eed

Sy was nie oulik sy was nie vroulik

Sy was nie eintlik baie mooi nie

Maar ek sien haar voor haar stofie

En ek ruik haar lekker bobotie

Na 6 kinders en dieselfde huis

Het die huwelik verbrokkel

Soos 'n slegte kys

Ek het hard geskreeu en

Hard probeer

Maar die armoede was vir haar

Net te seer

Die welsyn sny hulle voorraad

Maar fyntjies

En so het die bobotie gekom

Sonder rosyntjies

Jy's nie oulik jy's nie vroulik

Jy's nie eintlik baie mooi nie

Maar ek sien jou voor jou stofie

En ek ruik jou lekker bobotie

Dit was in jaar 28

Toe ou dokter diagnoseer

En 4 maande later

Moes die kospotte my leer

Bobotie is 'n knewel

As jy sy kuns nie ken

En sonder my vroutjie

Sou ek sy resep nooit wen

Jy was nie oulik jy was nie vruolik

Jy was nie eintlik baie mooi nie

Maar ek mis jou voor ons stofie

En ek mis ons lekker bobotie

Ek het nog een laaste keer

'N kransie gaan lê

En ek was gedwing

Om die volgende te sê

Jy was nie oulik jy was nie vruolik

Jy was nie eintlik baie mooi nie

Maar ek mis jou voor ons stofie

En ek mis ons lekker bobotie

展开