Valkenburg

作词:Lorette Coete,Ingrid Jonker

作曲:Lorette Coete,Ingrid Jonker

所属专辑:Grootste Treffers

歌词

@migu music@

Valkenburg - Ddisselblom

Written by:Lorette Coete/Ingrid Jonker

Hierdie Valkenburg het ek ontvlug

En dink my nou aan Gordonsbaai terug

Ek speel met paddavisse in 'n stroom

En kerf swastikkas in rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf

En dom allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhonger daal

En dooie nagte opdis in 'n maal

Die God wat jou geskep het

Uit die wind

Sodat my smart in jou

Volmaaktheid vind

My lyk lê uitgespoel in wier en gras

Op al die plekke waar ons eenmaal was

En in die aand by Gordonsbaai

Het sy kinderlik geraai

Waar die lelieblom kon wees

En haar hart van pyn genees

In haar soektog raak haar hand

Aan die onkruid op die strand

Word haar oë sag en blind

Waai haar drome in die wind

Hurk sy roerloos vasgerank

Toegemaak deur wier en sand

Hurk sy roerloos vasgerank

Toegemaak deur wier en sand

展开