Izak Jacobus Marthinus van Niekerk (12 Julie 1978 — 30 Maart 2012) was 'n Afrikaanse sanger en musikant wat ligte vermaakliedjies gesing en die mondfluitjie bespeel het. Hy was bekend vir treffers soos Lekkerkry, Ramkat, Lekker in Suid-Afrika, Jantjie de Wet en Borrels In My Bier.   Van Niekerk is op 12 Julie 1978 op Springbok in die Noord-Kaap gebore, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi. In sy hoërskool-jare het hy reeds sy eie orkes bedryf.   Tydens sy matriek-jaar is hy vir die Kanaries, die SANW se kerkkoor en konsertgroep, gekeur. Aan die einde van sy eerste jaar word die afdeling egter gesluit, en gaan studeer hy 'n jaar in die Kaap waar hy in dieselfde jaar 'n platekontrak losslaan.   Sy debuutalbum word op 14 Januarie 1999 vrygestel, toe hy nog net 19 jaar oud was. In 2000 bring hy sy tweede album uit. Daarna toer hy vir ongeveer 3 jaar deur die land en tree in verskeie plekke vir 'n inkomste op.   In 2003 teken hy 'n kontrak met Leo-musiek. Sy album Lekkerkry word uitgereik (wat Goue status bereik het) en daarna volg verskeie ander albums, soos Byt my en Oe Na Na.   Hy het sy eerste DVD, Zak maak Twak (Live) by Maders in 2006 opgeneem en sy tweede, Gatskop in die Baai by Danskraal in Port Elizabeth in 2007.   Van Niekerk is op 30 Maart 2012 in 'n motorbotsing op pad na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op die R59 naby Sasolburg oorlede. Hy laat sy vrou, Sonja, en twee kinders agter.

查看更多 举报
Zak Van Niekerk
热门单曲 全部11首
热门专辑 全部8张