Jacob Mynhardt Louw (gebore 20 Mei 1979 te Oudtshoorn) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het matrikuleer aan Hoërskool DF Malan en het na skool B.Com Algemeen studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is bekend vir treffers soos Drie Pikkewyne, Bamboesbos, Gemaak in SA, Voshaarnooi en die Hoendersong.   Op sy "Gemaak in SA"-CD, het hy 'n groot treffer gehad met Een miljoen woorde. Hy tree ook saam met Kevin Leo onder die verhoognaam Jakkals en Leo op. Hy het as musikant begin op Stellenbosch en het later na Pretoria verhuis. In daardie jare het hy treffers soos Rambo die polisiehond en 'n Bottel Tas gesing. Louw is die outeur van die boek Liedjieskrywer 101, waarin hy mense leer hoe om liedjies te skryf en met ritme en rym te werk. Hy het die boek aan sy pa, Nico Louw, opgedra. In 2018 stel Jakkie sy kinderstorie boek bekend, Felias en Pokkel.

查看更多 举报
Jakkie Louw
热门单曲 全部5首
热门专辑 全部5张
热门MV 全部15支